Boston’s Brad Marchand goes head-to-head with Chicago’s Andrew Shaw during a third-period tussle in Game 3 on Monday night.
Afstand
Van tyd tot tyd nog steeds die vreemde vraag:
jy - meestal u – het langsaamaan wel tuis
geraak in hierdie land?
Ek neurie nie die nag
is donker ek is ver van huis
maar knik welmenend vaag
en vals. Ek wortel elders, hoe sou ek my hier
kan tuis maak. Dinge en ek gaan aan mekaar voorby
sonder herkenning. Daarom laat hulle my
met rus, versin geen hinderlaag, lê nooit beslag
en daarom kan ek hulle goed verduur.
- Elisabeth Eybers: My radarhart laat niks ontglip






